Hutsmark


Posted on: 2016-11-24

2 Desember (17:00) , 3 Desember (9:00 - 17:00) Hierdie feestyd beplan ArtKaroo ‘n belewenis vir elke sintuig. Met die Hutsmark se eerste jaar beoog ons om kunstenaars van die omgewing te betrek om bekostigbare kuns binne bereik van almal te bring. ArtKaroo beoog 'n ateljee veiling van die omgewing se voorstaande kunstenaars! Hierdie kunswerke sal gekomplimenteer word met ‘n plaaslike kosmark wat oor twee dae sal geskied. Om die konsep verder uit te pak visualiseer ons bekostigbare kosprodukte wat Oudtshoorn in elke opsig verteenwoordig! Die Hutsmark sal ‘n prettige, familievriendelike atmosfeer skep vir ieder en elk en die perfekte geleentheid bied om hierdie kunswerke, en kosprodukte op almal se inkopielys te sit vir hierdie feeseisoen Die hutsmark is 'n sinspeling op die woord hutsmerk wat 'n vertaling is van hashtag. Die denkpatroon hieragter is om die kunswerke te laat vertoon asof dit gesien word op sosiale media. Kom vier saam fees op die 2 Desember, met 'n opwindende 'afskop paartie" en groot verassings en plaaslike talent!